# Real Reform for ECD verwelkom die behoud van tien-miljard-rand in die begroting vir nuwe befondsing van vroeëkinderontwikkelingsprogramme. Die fonds sal na verwagting die subsidie van 17-rand per kind per dag tot 24-rand verhoog. Dit sal ook toegang tot die ontwikkelingsprgoramme vr nog 700-duisend kinders tot die ouderdom van vyf jaar ondersteun. Real Reform sê die verhoging van die waarde en die reikwydte van die subsidie is noodsaaklik want dit is bewys dat betekenisvolle voordele vir kinders slegs verkry kan word as dit aan basiese gehaltestandaarde voldoen.
Real Reform verwelkom R10-miljard bewillig vir kinderontwikkelingsprogramme