Skip to content

Rand Water se omvattende instandhoudingswerk is afgehandel [KLANK]

# Rand Water sê hy het sy groot instandhoudingswerk aan die B16-projek afgehandel en pompwerk by die Mapleton-stelsel in Boksburg, Ekurhuleni, het begin. Tydens die instandhoudingswerk wat Donderdag begin het, is pompkapasiteit by die Eikenhof-, Palmiet-, Mapleton- en Zwartkopjes-stelsels verlaag. Gebiede in Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane het ook lae waterdruk of tydelike wateronderbrekings beleef. Rand Water se woordvoerder, Makenosi Maroo, sê die toevoer sal nie onmiddellik normaal wees nie omdat die stelsel se vermoë eers moet herstel.

ENG MarooOnMaintenanceComplete