# Rand Water sê geen antiretrovirale middels is in sy drinkwatervoorraad gevind nie, nadat die media die teendeel berig het. Rand Water bevestig hy monitor sedert 2015 die water vir antiretrovirale middels en het spore wat stroomaf kom, vanaf afvalwateraanlegte opgespoor, maar nie in die Vaaldam waar hy sy water verkry nie. Die entiteit verseker verbruikers dat sy behandelde water aan die vereiste standaarde voldoen en veilig is om te gebruik. Rand Water vra die publiek om oor die feite seker te maak op sy amptelike kanale.
Rand Water bevestig geen Antiretrovirale middels is in drinkwater gevind nie