# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering moet plaaslike maatskappye doelbewus ondersteun om Suid-Afrika se kernenergiebedryf te bou. Ramokgopa het tydens die Konferensie oor Kern- en Skoonenergie in Pretoria gesê ’n voorgestelde kernindustrialiseringsplan van tien gigawatt moet plaaslike vervaardigingsvermoëns en verkrygingsgeleenthede identifiseer. Hy sê ondernemings het duidelike spesifikasies en langtermyn beleggingsekerheid nodig. Hy erken mislukkings kan gebeur, maar beklemtoon die regering moet innovering en voortgesette ontwikkeling ondersteun:
Ramokgopa vra doelbewuste benadering tot kernkragindustrialisering [KLANK]
ENG-RamokgopaOnNuclear