# President Cyril Ramaphosa sê hoewel aansienlike vordering gemaak is met die toepassing van die aanbevelings van die Staatskapingskommissie, duur die werk voort. Die Presidensie het die jongste vorderingsverslag oor die kommissie vrygestel, wat die tydperk tot die einde van 2024/2025 dek. Ramaphosa sê daar is sleutelprioriteite waarop die regering vanjaar sal fokus. Dit sluit in dat hoëprofiel-sake bespoedig word en nuwe sake voor die hof gebring word. Dit sluit in die afhandeling van die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers, en van voorstelle vir teen-korrupsie-argitektuur.
Ramaphosa wil hê hoëprofiel-staatskapingvervolgings moet bespoedig word