# President Cyril Ramaphosa beantwoord vandag in die Nasionale Vergadering in Kaapstad vrae oor kwessies wat verband hou met sake van nasionale, kontinentale en globale belang wat Suid-Afrika raak. Daar is onder meer vrae oor die invloed van verskeie beleggingskonferensies wat werkgeleenthede sou skep, die sukses van Operasie Voorspoed, en die regering se planne om studente se skuld aan te spreek. Ramaphosa sal ook antwoorde verskaf oor die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola.
Ramaphosa verskyn vandag voor Parlement vir terugvoer oor regering se werk