# President Cyril Ramaphosa het die terugbetaling van onbestede diensleweringsfondse aan die Tesourie as verraad teen die mense bestempel. Hy het in die Nasionale Raad van Provinsies die swak besteding aan noodsaaklike infrastruktuur gekritiseer en gesê dit ondermyn die publiek se vertroue in die regering. Hy het wanbestuur, swak beplanning, en gebrekkige kapasiteit as sleutelkwessies uitgelig. Hy sê regeringsingryping, insluitende begrotingsmonitering en bystandspanne, is daarop gemik om munisipaliteite te versterk en om beter dienslewering te verseker:
Ramaphosa veroordeel terugbetaling van onbestede fondse deur provinsies as verraad [KLANK]
ENG-RamaphosaOnServices