# President Cyril Ramaphosa het die voorsitter van die Nasionale Beplanningskommissie, Tinyiko Maluleke, en oudminister Roelf Meyer as medevoorsitters aangestel om die Nasionale Dialoog se groep vooraanstaandes te lei en te koördineer. Die ondervoorsitters is die gewese parlementslid Lindiwe Mazibuko en bekroonde vuurpylwetenskaplike, Siyabulela Xuza, terwyl die studente-aktivis, Nompendulo Mkhatshwa, die sekretaris sal wees. Ramaphosa sê hy is dankbaar dat hierdie individue ingestem het om die verantwoordelikheid te aanvaar en by te dra tot die doeltreffende funksionering van die groep.
Ramaphosa stel Tinyiko Maluleke en Roelf Meyer aan as medevoorsitters van Nasionale Dialoog se groep vooraanstaandes