# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se demokratiese orde is gesond en geanker in ‘n vooruitstrewende Grondwet en ‘n Konstitusionele Hof wat almal se regte waarborg. Dit is vanjaar 30 jaar sedert die Konstitusionele Hof die eerste keer vergader het. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die hof het in sy trotse geskiedenis deurgaans sy werk uitgevoer sonder vrees vir teenspraak en nie geaarsel om selfs die magtigstes in die samelewing aanspreeklik te hou nie. Hy sê die Konstitusionele Hof is ‘n produk van grondwetlike solidariteit.
Ramaphosa sê SA se demokratiese orde is geanker in ‘n progressiewe Grondwet