Skip to content

Ramaphosa sê regering werk daaraan om meer aanspreeklike en bekwame Staatsdiens te bou

# President Cyril Ramaphosa sê wanneer die Staatsdiens goed funksioneer, is dit ‘n kragtige instrument vir maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling, maar wanneer dit wankel, ly die kwesbaarste burgers daaronder. September is Staatsdiensmaand. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief die Staatsdiens ondervind beduidende uitdagings, insluitend korrupsie en te min vaardighede. Hy sê die regering versterk die professionele grondslag van die Staatsdiens deur hervormings om die regte vaardighede te lok en streng prestasiebestuur toe te pas.