Skip to content

Ramaphosa sê ‘n entrepreneurskultuur moet bevorder word om jeugwerkloosheid aan te pak

# President Cyril Ramaphosa sê die omvang en skaal van jeugwerkloosheid beteken dat die regering vaardigheidsontwikkeling moet versterk en ‘n entrepreneurskultuur moet bevorder. Die jongste indiensnemingsyfers toon ‘n werkloosheidsyfer van 46,1-persent onder jongmense van 15 tot 34. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa die regering het sedert 2020 verskeie jeug-programme van stapel gestuur om werkloosheid te bestry. Hiervan is die Presidensiële Indiensnemingstimulus die belangrikste. Hy sê dit is uiters belangrik om die wanverhouding tussen die beskikbare vaardighede in die werksmag en markbehoeftes te oorkom.