# President Cyril Ramaphosa het die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, versoek om ‘n gedetailleerde verslag te voorsien oor die inhoud en behoorlikheid van haar vergadering met die Parlement. Dit volg nadat die minister gekritiseer is omdat sy kougom geëet en gekou het terwyl sy verlede week voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding verskyn het. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president verwag die minister moet ‘n konstruktiewe verhouding met die komitee vestig in die uitoefening van haar leierskap en aanspreeklikheid:
Ramaphosa sê minister Nkabane moet rekenskap gee van haar gedrag in die Parlement [KLANK]
ENG MagwenyaOnMinisters