Skip to content

Ramaphosa sê griewe oor migrante moet deur demokratiese instellings aangespreek word

# President Cyril Ramaphosa sê die regering spreek wettige bekommernisse, wat Suid-Afrikaners oor onwettige immigrasie, grensbestuur en druk op openbare dienste geopper het, op ‘n wettige wyse aan. Groepe teen onwettige migrante beplan om vandag reg oor die land te betoog en te eis dat onwettige buitelandse burgers die land verlaat. Hulle beweer dat hulle werk by landsburgers afneem en toegang tot gesondheidsdienste en onderwys beperk. In sy weeklikse nuusbrief verklaar Ramaphosa die land word deur die oppergesag van die reg regeer, en beklemtoon dat griewe deur demokratiese instellings aangespreek moet word.