# President Cyril Ramaphosa sê die regering is vasbeslote om te verseker dat die herbou van wetstoepassingsagentskappe en sekerheidsdienste, nie in die gedrang kom nie. In sy weeklikse nuusbrief gee hy die redes waarom hy ‘n kommissie van ondersoek ingestel het om bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, te ondersoek. Ramaphosa sê dit is nodig om die feite vas te stel deur ‘n onafhanklike, geloofwaardige en deeglike proses. Hy sê die ondersoek bevestig die regering se verbintenis tot die oppergesag van die reg, deursigtigheid en verantwoordbaarheid.
Ramaphosa sê die regterlike ondersoek is om die integriteit van die SAPD te beskerm