# Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die lasbriewe vir die inhegtenisneming van senior polisiebeamptes, Dumisani Khumalo en Nosipho Madondo, word tans deur die regering bespreek. Die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het Donderdag lasbriewe vir Khumalo en Madondo uitgereik. Die lasbriewe is egter teruggetrek aangesien hulle albei betrokke is by voorbereidings van ‘n nasionale veiligheidsoperasie vir die immigrasie-betoging wat vir 30 Junie beplan word. Ramaphosa het tydens die ANC se kieserregistrasieveldtog in KwaThema, Ekurhuleni, gesê wetstoepassingsagentskappe moet toegelaat word om hul werk te doen:
Ramaphosa sê die lasbriewe vir twee senior polisiebeamptes word tans deur die regering bespreek [KLANK]
ENG RamaphosaONWarrants