Skip to content

Ramaphosa sê daar is ’n sterk kultuur van deelnemende demokrasie in Suid-Afrika

# President Cyril Ramaphosa sê die nasie het sedert die aanvaarding van Suid-Afrika se Grondwet ʼn kultuur gebou wat sterk, deelnemend, voortdurend ontwikkelend en geanker is in die demokratiese waardes wat waardevol geag word. Dis vanjaar 30 jaar sedert die Grondwet onderteken is. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief daar is ʼn sterk kultuur van deelnemende demokrasie wat begin het met die opstel van die Grondwet. Hy sê die verbintenis aan grondwetlikheid, deursigtigheid en die oppergesag van die reg ondersteun openbare vertroue in die land se demokrasie.