Skip to content

Ramaphosa sê beleggersvertroue in Suid-Afrika se digitale ekonomie neem toe

# President Cyril Ramaphosa sê beleggersvertroue in Suid-Afrika se digitale ekonomie neem toe namate die land se strewe erken word om ‘n toonaangewende digitale beleggingsbestemming te wees. Google het verlede week sy eerste Afrika-wolkberaad in Johannesburg aangebied, waar verskeie nuwe beleggings aangekondig is. Dit sluit ‘n digitale vernuwingsentrum in Soweto in ter waarde van drie-miljoen-rand. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief ondernemings soos Microsoft, Amazon en Mastercard belê ook in die land. Hy sê die digitale ekonomie speel ‘n belangrike rol in die bevordering van ekonomiese groei en werksgeleenthede.