# President Cyril Ramaphosa sê hy respekteer die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, se besluit om nie sy dringende hofaansoek teen te staan om die ampsklagverrigtinge teen hom in die Parlement te stop nie. Die president het aansoek gedoen vir ‘n hofbevel om die werk van die Ampsklagkomitee te staak hangende ‘n hersiening van die verslag deur die onafhanklike artikel 89-paneel. Die aansoek sal volgende maand in die Wes-Kaapse Hooggeregshof aangehoor word. Ramaphosa het beklemtoon dat die speaker onafhanklik moet optree sonder enige beïnvloeding:
Ramaphosa respekteer Speaker se besluit om nie sy interdik teen te staan nie [KLANK]
ENG RamaphosaOnSpeaker