# President Cyril Ramaphosa sê die aanbevelings wat in die afsluitingsverslag van die Nasionale Teen-korrupsie Adviesraad gemaak is, moet deeglik hersien word en, waar toepaslik, sonder versuim toegepas word. Die president het gister ‘n vergadering van die raad gelei, waar hy die verslag ontvang het. Die aanbevelings sluit in die stigting van ‘n permanente, onafhanklike, oorkoepelende teen-korrupsieliggaam en die gebruik van Kunsmatige Intelligensie om korrupsie te voorkom. Ramaphosa sê die aanbevelings sal, as ‘n prioriteit, die aandag van die Nasionale Uitvoerende Gesag en die betrokke instellings geniet.
Ramaphosa ontvang die afsluitingsverslag van die Nasionale Teen-korrupsie Adviesraad