# President Cyril Ramaphosa het formeel beswaar aangeteken teen Thandazani Madonsela se aanstelling as getuienisleier vir die Parlement se Artikel 89-ampsklagkomitee. Hy sê Madonsela is in ‘n belangebotsing gewikkel weens sy verwydering as aangewese lid van die Regterlike Dienskommissie in 2022, asook ‘n regsmening wat aan die ANC-koukus verskaf is. Die komitee het twee weke gelede gestem om Madonsela aan te beveel, met nege stemme vir hom en sewe vir die DA-kandidaat, Kate Hofmeyr. Voorsitter Makashule Gana sê die komitee bestudeer die beswaar en sal daarop reageer.
Ramaphosa maak beswaar teen Madonsela se aanstelling as getuienisleier van ampsklagskomitee