# President Cyril Ramaphosa sal Sondag die lofrede lewer ter ere van wyle ambassadeur Nathi Mthethwa in KwaMbonambi in KwaZulu-Natal. Die ontslape ambassadeur na Frankryk word vereer met ‘n Spesiale Amptelike Kategorie 2 Begrafnis. Hy was aan die hoof van Suid-Afrika se sending in Parys voordat hy verlede week op 58-jarige ouderdom in die Franse hoofstad dood is. ‘n Polisieondersoek na die oorsaak van sy dood is steeds aan die gang.