Skip to content

Ramaphosa herbevestig dat Suid-Afrika ‘n ferm maar billike benadering tot migrasie sal volg

# President Cyril Ramaphosa sê die regering se reaksie volg op die opregte kommer wat Suid-Afrikaners uitgespreek het oor onwettige migrasie en die uitwerking daarvan op die land. Oor die afgelope weke was daar verskeie protesoptogte teen onwettige immigrasie regoor die land. In sy weeklikse nuusbrief herhaal Ramaphosa dat die regering deur die Omvattende Benadering vir Migrasiebestuur optree teen immigrasie-, arbeids- en ander wetsoortredings. Hy sê deur wette te versterk en dit billik af te dwing, kan die regering onwettige immigrasie aanpak en getrou bly aan die Grondwet en menslikheid.