Skip to content

Ramaphosa gee uitstel aan Khampepe Kommissie om werk te voltooi en finale verslag voor te lê [KLANK]

# President Cyril Ramaphosa het die termyn van die Khampepe Kommissie van Ondersoek na die Waarheid- en Versoeningskommissie verleng. Die president het die kommissie verlede jaar saamgestel as deel van ‘n skikkingsooreenkoms in ‘n geding met gesinne van slagoffers uit die apartheidtyd. Hulle het agtereenvolgende administrasies uit die demokratiese tyd beskuldig van inmenging om ondersoeke en vervolgings deur die Waarheid en Versoeningskommissie te verhinder. Die woordvoerder van president Ramaphosa, Vincent Magwenya, sê die aansoek om uitstel is versigtig oorweeg:

ENG MangwenyaONKhampepe