# President Cyril Ramaphosa gaan sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodimir Zelensky, môre by die Uniegebou in Pretoria ontvang tydens die eerste ampsbesoek deur ‘n Oekraïnse president aan Suid-Afrika. Die Presidensie sê die besoek sal aan die twee lande die geleentheid bied om bilaterale betrekkinge te bespreek en bilaterale samewerking op die gebied van handel, landbou en onderwys uit te brei. Hy sê hulle sal ook ander gebiede van samewerking ondersoek wat pogings sal ondersteun om blywende vrede tussen Oekraïne en Rusland te bewerkstellig.
Ramaphosa gaan Zelensky Donderdag ontvang op sy eerste ampsbesoek aan Suid-Afrika