Skip to content

Ramaphosa gaan vrae beantwoord in Nasionale Raad van Provinsies

# President Cyril Ramaphosa sal vandag mondelinge vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord. Hy sal ‘n reeks vrae hanteer, insluitend die maatskaplike ooreenkoms om die ekonomie te herbou, jeugwerkloosheid, tekortkominge in begrotingsbestuur, dienslewering in munisipaliteite en swart ekonomiese bemagtiging. Die Presidensie sê Ramaphosa se betrokkenheid by die NRP gee uitvoering aan verantwoordbaarheid van die uitvoerende gesag teenoor die wetgewer.