Skip to content

Gesondheidsorgstelsels is onder druk reg oor Suid-Afrika [KLANK]

# Die Raad van Gesondheidsorgbefondsers sê gesondheidsorgstelsels reg oor Suider-Afrika is onder ongekende druk. Hy sê dit word veroorsaak deur kleiner begrotings, ernstige personeeltekorte en die toenemende las van siektes. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid gaan sowat 15-persent van gesondheidsorg se besteding verlore deur bedrog, vermorsing en misbruik wat die sektor byna 30-miljard-rand kos. ʼn Woordvoerder van die raad, Leonard Lekgetho, sê algemene misbruik sluit onregmatige verkryging, vervalste medisyne, prysvasstelling en bedrieglike fakture deur onder meer duplikaat eise in:

ENG LekgethoONHealthcareSystems