# Die R36-pad naby Morokolotsi in die Mopani-distrik in Limpopo is tans gesluit na ‘n ongeluk tussen ‘n minibus en ‘n ligte afleweringsvoertuig. Die Limpopo Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid vra motoriste om die gebied te vermy, en eerder die R71 deur Tarentaal te neem en dan by die R36 Lydenburg-pad aan te sluit. Die duur van die padsluiting en verdere besonderhede oor die ongeluk is nie bekend nie.
R36 in Limpopo gesluit weens ongeluk