Skip to content

R23-botsing eis drie lewens

# Drie mense is dood in ‘n botsing reg van voor tussen ‘n ligte afleweringsvoertuig en ‘n sedan op die R23 tussen Val en Balfour. Die bosting het omstreeks 12:30 vanmiddag plaasgevind en albei voertuie het aan die brand geslaan. ‘n Vrou en twee mans is onherkenbaar verbrand. Mpumalanga se veiligheidswoordvoerder, Moeti Mmusi, sê nooddienste is op die toneel en ondersoeke na die oorsaak van die botsing duur voort.