Skip to content

R21-hoofweg in rigting van OR Tambo Internasionale Lughawe is weer oop

# Die Stad Ekurhuleni sê die R21-roete na OR Tambo Internasionale Lughawe is suksesvol heropen. Ekurhuleni-metropolisiebeamptes het met ‘n staking begin nadat hulle oortyd verminder is en nou vra hulle salarisverhogings. Die polisie en metropolisielede is ook aktief besig om die N3-hoofweg na Germiston vinnig te heropen. Die metro se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê die stad het die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola, genader vir verdere hulp om hierdie dooiepunt so gou moontlik op te los.