Skip to content

R200-miljoen se onverwerkte kokaïen by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep [KLANK]

# ʼn Multidissiplinêre span wetstoepassers het by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê op 250 kilogram kokaïen met ʼn geraamde straatwaarde van meer as 200-miljoen-rand. Die dwelms het gistermiddag op ʼn vlug van Sao Paolo, Brasilië, hier aangekom, met die 216 blokke in vyf tasse verpak. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die jongste beslaglegging kom te midde van volgehoue pogings om dwelmhandel deur die lughawe te bekamp:

ENG MatheOnDrugSeizureORTambo