Skip to content

Putin waarborg lewe van Oekraïense soldate in Kursk as hulle oorgee

# Die Russiese president Vladimir Putin sê hy is gewillig om die lewens van Oekraïense soldate in die Kursk-streek te spaar. Dit volg op die Amerikaanse president Donald Trump se pleidooi vir die soldate wat deur Russiese troepe vasgekeer is. Putin sê ‘n volle oorgawe en onttrekking is eers nodig. Intussen is die Russiese leër, glo gesteun deur troepe uit Noord-Korea, op die punt om Oekraïense magte te verdryf uit hulle vesting in die Kursk-grensstreek, wat ‘n groot terugslag sal wees vir Kiëf.