# Die Russiese president Vladimir Putin sê die vergadering met sy Amerikaanse eweknie Donald Trump was deeglik en konstruktief. Die twee leiers het gister in Alaska vergader, maar geen skietstilstandooreenkoms is bereik nie. Putin sê die belangrikste oorsake van die oorlog moet uitgeskakel word sodat die konflik in Oekraïne kan eindig. Hy het ook die Oekraïnse leier, Volodymyr Zelensky, en Europese leiers gewaarsku om nie nou in te meng met die vordering nie. Putin sê Rusland stel ernstig daarin belang om die oorlog in Oekraïne te beëindig.
Putin sê die belangrikste oorsake van die oorlog in Oekraïne moet uitgeskakel word voor ‘n skietstilstand