Skip to content

Putin roep 135 000 mans op vir roetine militêre diens

# Die president van Rusland, Vladimir Putin het 135-duisend-mans opgeroep vir roetine militêre diens, die land se grootste herfs dienspligveldtog sedert 2016. Rusland roep alle mans tussen die ouderdomme van 18 en 30 op vir verpligte diens elke lente en herfs. Dienspligtiges word verwag om vir ‘n jaar diens te doen by ‘n militêre basis in Rusland, en nie om teen Oekraïne te veg nie, alhoewel daar verslae is van dienspligtiges wat na die oorlogsfront gestuur is. Rusland se jaarliks oproepveldtogte is nie verwant aan mobilisering nie, waartydens Russiese mans vir oorlogsituasies opgeroep word.