Skip to content

Putin gaan nie vandag Oekraïnse vredesonderhandelinge in Turkye bywoon nie

# Die Russiese president, Vladimir Putin, sal nie vandag in Istanboel, Turkye, vredesonderhandelings met sy Oekraïnse eweknie, Volodymyr Zelensky, bywoon nie. Die Kremlin sê sy afvaardiging word gelei deur die presidensiële assistent Vladimir Medinsky, wat in 2022 die enigste regstreekse onderhandelings tussen Rusland en Oekraïne gelei het. President Donald Trump van Amerika sal ook nie teenwoordig wees nie, al het hy vroeër gesinspeel dat hy dit sal bywoon as Putin teenwoordig is. Oekraïne sal na verwagting vra vir ʼn volle 30-dae-skietstilstand as vertrekpunt vir verdere samesprekings.