# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur sê hulle maak goeie vordering by die nuwe Van Schoorsdrift-kruising, sowat 4,5-kilometer noord van die Potsdam-kruising op die N7. Bouwerk is tans tussen 49- en 50-persent voltooi, en die projek behoort volgens plan teen die einde van die eerste kwartaal van 2027 voltooi te wees. LUR Tertuis Simmers sê die doel van hierdie projek is om padgebruikers se veiligheid te verbeter deur hierdie deel van die N7 tot snelwegstandaarde te verbeter:
Projek van R780-miljoen by Van Schoorsdrift-kruising vorder goed [KLANK]
AFR SimmersOnFreewayUpgrades