Skip to content

Prins Andrew doen afstand van koninklike titels na reeks skandale

# Prins Andrew sal met onmiddellike ingang die gebruik van sy koninklike titels, insluitend Hertog van York, prysgee nadat hy die saak met Koning Charles bespreek het. In ‘n verklaring wat deur Buckingham-paleis uitgereik is, sê hy na gesprekke met die Koning, en sy onmiddellike en breër familie, was daar ooreenstemming dat die voortgesette beskuldigings teen hom aandag aflei van die werk van die Koning en die Koninklike Familie. Die prins het die beskuldigings opnuut ontken. Prins Andrew is onder toenemende druk oor sy verhouding met Jeffrey Epstein en sy bande met ‘n beweerde Chinese spioen.