Skip to content

President Ramaphosa sê hervorming is nie ‘n guns nie, maar ‘n noodsaaklikheid

# President Cyril Ramaphosa sê die regering herbevestig swartbemagtiging is nie slegs ‘n beleidskeuse nie, maar ‘n grondwetlike plig. Vanjaar is die 70ste herdenking van die Vryheidsmanifes. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die vals idee dat ‘n keuse gemaak moet word tussen groei en transformasie, en dat swartbemagtiging die ekonomie geld kos, moet reggestel word. Ramaphosa sê transformasie is nie ‘n guns nie, maar noodsaaklik. Hy voeg by die taak is om te verseker dat groei én transformasie saam nagevolg word.