Skip to content

President Ramaphosa bekommerd oor voortgesette krisis by hulpskema vir studente

# President Cyril Ramaphosa het kommer uitgespreek oor die voortgesette krisis by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die Hooggeregshof in Pretoria het verlede week die aanstelling van professor Hlengani Mathebula opgeskort en die skema se oorblywende raadslede heraangestel. Dit het gevolg nadat die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, in Mei die raad ontbind het en die instansie onder administrasie geplaas het. Presidensiële woorvoerder, Vincent Magwenya, het aan Daily Maverick gesê die bestuur en finansiële bestendigheid van die fonds is noodsaaklik om miljoene jong mense in staat te stel om verder te studeer.