# President Abdel Fattah al-Sisi van Egipte het ’n vurige beroep op die Amerikaanse president, Donald Trump, gemaak om in te gryp en die gevegte in Gaza te beëindig. Sisi het tydens ‘n videotoespaak oor die humanitêre krisis in Gaza, gesê Trump kan die oorlog beëindig, humanitêre hulp inbring en die lyding stop. Die Amerikaanse president het vroeër gesê ‘n wapenstilstand tussen Israel en Hamas is wel moontlik, al was dit tot dusver met bemiddeling deur Amerika, Egipte, en Katar onsuksesvol.
President al-Sisi van Egipte vra Trump om gevegte in Gaza te beëindig