Skip to content

Premier Winde hou multisektor-regeringsvergadering oor Knoflokskraal-grondbesetting

# Die Wes-Kaapse premier Alan Winde en die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, het ‘n multisektor-regeringsvergadering in Kaapstad byeengeroep om die Knoflokskraal-grondbesetting in die Theewaterskloof-munisipaliteit te bespreek. Die grond, wat in 2020 vir die eerste keer onwettig beset is, het uitgebrei tot ongeveer vier-duisend strukture. ‘n Taakspan sal aangestel word om toesig te hou oor ‘n maatskaplike fasiliteringsproses wat volgende maand begin, met die doel om ‘n blywende oplossing te vind terwyl sekerheidsmaatreëls verhoog sal word om verdere voorvalle te voorkom.