# Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê nuwe polisiëringsmetodes is nodig om misdaad te bestry, met die provinsie wat metropolisiëring versoek. Winde het aan Newzroom Afrika gesê provinsies moet die mag moet hê om ondersoeke te doen en intelligensie teen bendebedrywighede en wapengeweld in te samel. Dit volg nadat die Kaapstadse Raad ‘n mosie aangeneem het om die devolusie van polisiëringsmagte te bewerkstellig. Hy het beklemtoon dat datagedrewe, tegnologie-gebaseerde strategieë en plaaslike besluitneming beter misdaadbestrydingsresultate lewer:
Premier Winde herhaal oproepe vir devolusie van polisiëringsmagte in Wes-Kaap [KLANK]
ENG-WindeOnCrime