# Die premier van Noordwes, Lazarus Mokgosi, het voormalige premier Bushy Maape geprys vir sy hulp met die bestendiging van die provinsiale regering na jare van administratiewe stagnasie. Maape, wat van 2021 tot 2024 gedien het, is Saterdag na ‘n kort siekbed oorlede. Mokgosi sê Maape se leierskap het gehelp om Artikel 100-ingrypings in die provinsie op te hef en bestuurstelsels te versterk. Hy het ook Maape se werk uitgelig met die herbekendstelling van die Provinsiale Beursskema, die ontwikkeling van die Thuntsha Lerole-diensleweringsplan en die herlewing van die Groei- en Ontwikkelingsstrategie om werksgeleenthede te bevorder, armoede te verminder en etiese bestuur te verbeter.
Premier Mokgosi loof Maape se leierskap in die bestendiging van die provinsie