Skip to content

Premier Lesufi verwelkom arrestasie in brandstigtingsaak by Tembisa-hospitaal [KLANK]

# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die inhegtenisneming van ‘n 48-jarige man verwelkom, wat na bewering erken het dat hy ‘n brand by die Tembisa-hospitaal gestig het. Die brand het in April by die hospitaal uitgebreek en die noodeenheid vernietig. Die premier se woordvoerder, Sizwe Pamla, sê die verdagte het na bewering ‘n gedetailleerde bekentenis afgelê, insluitend hoe die brand beplan en uitgevoer is. Hy is aangekla van brandstigting:

ENG SizweonArsonCase