# PRASA sal vandag spesiale Metrorail-treindienste aanbied vir ondersteuners wat op pad is na die Nedbankbeker-halfeindstryde. Treine sal beskikbaar wees na Loftus Versfeld vir die wedstryd tussen die Sundowns en die Kaizer Chiefs om sesuur en ook na die Orlando-stadion vir die wedstryd tussen die Orlando Pirates en die Marumo Gallants om drie-uur. Pendeltreine sal elke 30 minute beskikbaar wees. PRASA sê daar is ook bykomende sekerheidsdienste vir toeskouers se veiligheid.
PRASA stel spesiale treine beskikbaar vir Nedbankbeker-halfeindstryde