Skip to content

Pous veroordeel sterftes in Iran, spreek spyt uit oor gebrek aan vordering met vredesgesprekke

# Pous Leo het die geweld in Iran en die dood van onskuldige burgerlikes veroordeel. Hy het gepraat aan boord van die pouslike vlug terug na Rome na ‘n besoek van 11-dae aan Afrika. Die pous sê as ‘n herder kan hy nie oorlog goedkeur nie. Hy sê of daar ‘n bewindsverandering is of nie, bly die vraag hoe om die waardes waarin mense glo te bevorder sonder die dood van soveel onskuldiges. Hy spreek ook spyt uit oor die gebrek aan vordering met vredesgesprekke tussen Amerika en Iran.