Skip to content

Pous Leo vra in eerste Sondagpreek vir staking van alle oorloë

# Pous Leo die 14de vra dat die wêreld se oorloë beëindig word. Hy het tydens sy eerste Sondag-diens by die Vatikaan ʼn beroep gedoen op ware, regverdige en blywende vrede in Oekraïne. Pous Leo het gevra vir ʼn skietstilstand in die Israel-Hamas-oorlog en gesê humanitêre hulp moet aan die burgerlike bevolking voorsien en alle gyselaars moet vrygelaat word. Hy het ook die skietstilstand tussen Indië en Pakistan verwelkom. Pous Leo word Sondag amptelik ingehuldig tydens ʼn mis op die Sint Petrusplein.