# Pous Leo sê hy hoop die skietstilstand in die Russies-besette Oekraïnse dorp, Oleshky, en die humanitêre sending kan die weg baan vir groter vredespogings in Kiëf. Amerika se presidentsvrou, Melania Trump, het die skietstilstand bewerkstellig sodat hulp verleen kan word en inwoners deur humanitêre roetes kan ontruim. Die pous sê die samewerking tussen Rusland en Oekraïne om hierdie noodsaaklike humanitêre stap uit te voer, moet albei partye se gewilligheid versterk om tot verdere diplomatieke onderhandeling in te stem.
Pous Leo hoop Oleshky-skietstilstand lei tot groter vredespogings