# President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het pous Leo die 14de bedank vir sy ondersteuning aan die land en dat hy sy stem verhef vir ʼn regverdige en blywende vrede. Die nuwe Katolieke leier het Zelensky Sondag ná sy inhuldigingsmis privaat ontmoet. Die pous het verlede week die Vatikaan aangebied as moontlike ontmoetingsplek vir vredesonderhandelinge tussen Zelensky en die Russiese president, Vladimir Putin. Zelensky sê die stem en gesag van die pous kan ʼn belangrike rol speel om die oorlog te beëindig.
Pous Leo het ’n privaat ontmoeting met president Zelensky gehad