# Die Vatikaan het bevestig pous Franciskus is dood na ʼn beroerte wat tot ʼn koma en hartversaking gelei het. Die 88-jarige pous is Maandagoggend dood. Die Vatikaan het ook die pous se laaste testament gedeel waar hy versoek om in die Basiliek van Sint Maria die Meerdere eerder as by die Sint Petrusbasiliek in die Vatikaan by baie ander pouse begrawe te word. Hy het ook versoek dat sy naam op sy grafsteen in Latyns, naamlik Franciscus, sal staan.
Pous Franciskus sterf aan beroerte en gevolglike hartversaking