# Pous Franciskus is terug in die Vatikaan nadat hy gister uit die Gemelli-hospitaal in Rome ontslaan is. Die 88-jarige pous is op 14 Februarie in die hospitaal opgeneem en gediagnoseer met ‘n lugweginfeksie en dubbele longontsteking. Hy het sy eerste openbare verskyning gemaak kort voordat hy ontslaan is en ‘n skare mense buite die hospitaal toegespreek. Pous Franciskus se dokters sê hy sal vir ten minste twee maande moet aansterk om sy liggaam tyd te gee om ten volle te herstel.
Pous Franciskus is uit die hospitaal ontslaan, maar sal tyd nodig hê om te herstel